14.    Examples of lease agreements

 

                                              WEIDINGSOOREENKOMS

 

                                                      Aangegaan deur en tussen die:

 

                                                  Die Oorgangsraad van Concordia

(in sy hoedanigheid as Grondeienaar / Plaaslike Owerheid / gevolmagtigde van die Eienaar)

 

                                                                            en

 

(Volle naam en permanente woon adres):

ID nommer:

 

                                                   (hierna genoem die Meentgebruiker)

 

Die partye kom hiermee ooreen dat die Meentgebruiker, onderhewig aan die bepalings van die konsep Regulasies wat hierby aangeheg is (hierna verwys na as die Regulasies) en deel vorm van hierdie Ooreenkoms, geregtig is om:

die volgende getal                       Kve, en                        Gve

 

wat te geen tye, in totaal meer as                Kleinvee eenhede mag beloop nie;

 

wat op die volgende wyse gemerk is, welke merk deur die Raad goedgekeur is, naamlik:

 

wat op die volgende weidings gebied / kamp mag wei, naamlik:

 

vir >n aanvanklike termyn van         maande, vanaf                   tot               op die Meent aan te hou onderhewig aan die stiptelike betaling van >n aanvanklike instandhoudings fooi van R            per Kve en

R              per Gve, maandeliks vooruit voor of op die sewende dag van elke maand, aan die Raad te Concordia;

 

 


en na afloop van die aanvanklike termyn, onderhewig aan die sluiting van >n Ooreenkoms vir >n verdere termyn en onderhewig aan die sluiting van >n Ooreenkoms vir >n verdere termyn en onderhewig aan verdere voorwaardes soos met die Raad ooreengekom en soos aangedui word in die Bylae tot hierdie ooreenkoms.

 

Die Meentgebruiker:

 

1.         word hiermee gemagtig om >n tydelike staanplek en kraal te ...................................... vir die duur van hierdie ooreenkoms op te rig en onderneem om na afloop van die ooreenkoms die oprigting te verwyder.

 

2.         word hiermee gemagtig om die (getal en soort vee ......... ramme, ens) ..................... ....................................... in >n spesiale kamp te .......................................................... te hou vir die duur van hierdie ooreenkoms.

 

3.         erken dat die vee hierin beskryf sy/haar alleen eiendom is.

 

4.         stem hiermee onherroepelik toe dat die raad tydens die duur van hierdie ooreen­koms die instandhoudingsfooie mag verhoog ooreenkomstig die bepalings van die Regulasies en onderneem om die verhoogde fooie ooreenkomstig hierdie Ooreen­koms te betaal.

 

5.         erken dat enige magtiging, toegewing, vergunning of uitstel gegee of verleen in geheel of gedeeltelik deur die Raad, skriftelik of andersins, nie die Meentgebruiker sal onthef van die stiptelike nakoming-, of die Raad sal onthef van die stiptelike afdwinging, van enige van die voorwaardes vervat in hierdie Ooreenkoms en Regulasies nie.

 

6.         erken dat enige reg, magtiging, toegewing of vergunning verleen deur hierdie oor­eenkoms, behalwe met betrekking tot die getalle vee en termyn soos ooreengekom, sal verval sodra die Raad die regulasies formeel afkondig kragtens kennisgewing gepubliseer in die Staatskoerant, indien die formele Regulasies van toepassing is op die gebied waar die gebruiker se vee wei.

7.         sal geen reg hê tot >n terughouding of vermindering van weidingsfooie, of >n eis vir skuldvergelyking of skadevergoeding indien enige infrastruktuur of veld op die Meent van so aard is dat die gebruiker nie die aantal vee soos ooreengekom op die Meent of binne die gebied kan aanhou nie.

 

8.         sal na die verstryking van die aanvanklike, indien die ooreenkoms vir enige rede nie hernu is nie, sy vee binne 14 dae verwyder vanaf die Meent.

 

9.         stem toe tot die jurisdiksie van die Landdroshof vir die instel van enige geregtelike stappe ter afdwinging van die terme van hierdie Ooreenkoms in terme van Artikel 28 van Wet 32 van 1944 en, indien die Raad enige regsaksie suksesvol beklink, tot die betaling van die Raad se regskostes op >n prokureur en kliënt skaal.

 

10.       onderneem hiermee plegtig om alle bepalings van hierdie Weidingsooreenkoms stiptelik na te kom.


ADRESSE EN KENNISGEWINGS

Die partye kies as hulle onderskeie adresse vir die ontvangs van en vir die uitvoering en betekening van kennisgewings en prosesstukke voortspruitend uit hierdie ooreenkoms by die volgende adresse, naamlik:

 

Die Raad:  Concordia Oorgangsraad Kantore, Posbus 4, Concordia, 8271

 

Die Meentgebruiker:  

 

 

GETEKEN TE CONCORDIA OP (datum):

 

 

GETUIES:

 

1.        

            Concordia Oorgangsraad:  .......................

2.        

 

 

GETEKEN TE                                          OP (datum):

 

 

GETUIES:

 

1.        

            Meentgebruiker:  ......................................

2.        

................................................................................................................................................


BYLAE ter verlenging van die Weidingsooreenkoms gesluit met (volle naam):

wie geregtig is om vir >n verlengde periode van             maande, vanaf               tot                                                                            ; die volgende getal                Kve,

en                  Gve aan te hou.

meld indien enige van die volgende aspekte verander het : maksimum getal vee; brand/tatoeëer/oor merk; weidings gebied / kamp; instandhoudings fooi : R                       per Kve en R                per Gve; >n tydelike staanplek en kraal; vee in spesiale kamp en die plek van die kamp; adres of enige ander spesiale bepaling:

 

 

GETEKEN TE CONCORDIA OP (datum):

 

 

GETUIES:

 

1.        

            Concordia Oorgangsraad:  .......................

2.        

 

 

GETEKEN TE                                          OP (datum):

 

 

GETUIES:

 

1.        

            Meentgebruiker:  ......................................

2.        

................................................................................................................................................


VERDERE BYLAE ter verlenging van die Weidingsooreenkoms gesluit met (volle naam):

wie geregtig is om vir >n verlengde periode van             maande, vanaf               tot                                                                            ; die volgende getal                Kve,

en                  Gve aan te hou.

meld indien enige van die volgende aspekte verander het : maksimum getal vee; brand/tatoeëer/oor merk; weidings gebied / kamp; instandhoudings fooi : R                       per Kve en R                per Gve; >n tydelike staanplek en kraal; vee in spesiale kamp en die plek van die kamp; adres of enige ander spesiale bepaling:

 

 

GETEKEN TE CONCORDIA OP (datum):

 

 

GETUIES:

 

1.        

            Concordia Oorgangsraad:  .......................

2.        

 

 

GETEKEN TE                                          OP (datum):

 

 

GETUIES:

 

1.        

            Meentgebruiker:  ......................................

2.        

................................................................................................................................................


                                                  WEIDINGSREGULASIES

 

                                    - van toepassing kragtens Weidingsooreenkomste -

 

 

INHOUDSOPGAWE:

1.         Woordomskrywings

2.         Sleutelbepalings

 

HOOFSTUK I:  BEVOEGDHEDE EN VERPLIGTINGE VAN DIE RAAD

3.         Inleiding

4.         Bestuur van die Meent

5.         Oorweging van Meentkomitee aanbevelings

6.         Bestuursplan

7.         Sluit van Weidings ooreenkomste

8.         Weidingsregister

9.         Vasstelling van >n algemene Maksimum getal vee per individuele Meentgebruikers

10.       Beheer van veegetalle en toegang van vee tot kampe en gebiede in die algemeen

11.       Beginsel van Billikheid

12.       Kriteria vir die Toelating van gebruikers, die bepaling van Veegetalle per gebruiker en bepaling van veegetalle in die algemeen

13.       Raad se Meent Instandhoudings verpligtinge

14.       Vasstelling en invordering van Instandhoudingsfooie en die Prosedure vir verhoging

15.       Boekhouding, verslae en beskikbaarstelling van rekords

16.       Spesiale stappe

17.       Spesiale magtiging van Meentkomitee lede

18.       Wysigings

19.       Minerale regte

20.       Afdwinging en geskil beslegting

 


1.         WOORDOMSKRYWINGS

 

 

Woorde wat die enkelvoud en die manlike geslag aandui, sluit respektiewelik die meervoud en vroulike geslag in.

 

 

Adie Bestuursplan@             >n vyf jaar plan vir die Bestuur van die Meent soos beskryf in klousule 6.

 

Adie Meent@

 sluit grond in:   waarop Wet 9 van 1987 van toepassing is;

wat binne die raad se regsgebied val;

wat die Raad se eiendom is; of

wat by ooreenkoms met die eienaar deur die Raad vir meent­doeleindes Bestuur word, maar sluit grond in die dorps gebied uit.

 

A>n Meentgebruiker@         is >n persoon wat deur die Meentkomitee aanbeveel is en krag­tens ooreenkoms met die Raad gemagtig is om die Meent vir wei­dings doeleindes te gebruik in terme van hierdie Regulasies.

 

AWeidings-

ooreenkoms@                      >n skriftelike ooreenkoms aangegaan tussen elke individuele Meentgebruiker en die Raad om die Meent vir weidings doel­eindes te gebruik ooreenkomstig hierdie Regulasies en die Wei­dingsooreenkoms.

 

AWeidingsregister@             die register wat deur die Raad in stand gehou soos uiteengesit in klousule 8.

 

ARegulasies@                      hierdie konsep regulasies.

 

 


ADie Raad@                       die Concordia Oorgangsraad of sy opvolgers in titel en enige Komitee soos bedoel in die Munisipale Strukture Wet No 117 van 1998 bestaande uit Raadslede of munisipale Wykskomitee lede aan wie die Raad bevoegdhede gedelegeer het in terme van die Munisipale Strukture Wet, en gevolmagtigde raadslede, beamptes en werknemers van die Raad.

 

AMeentkomitee@                >n komitee wat gestig is om die Raad by te staan en om aanbe­velings aan die Raad te maak aangaande Meent Bestuur en om >n konsep Bestuursplan te ontwerp en welke komitee saamgestel is uit 2 Raadslede, 2 Plaaslike Ontwikkelingsforumlede (Subkomi­tee Landbou), 2 Boerevereniging lede en plaasvervanger vir elke lid en >n afgevaardigde van die Departement van Landbou oor­eenkomstig >n Grondwet soos deur die Raad aanvaar.

 

ABestuur@                          sluit die administrasie, beheer, toekenning, instandhouding, ont­wikkeling en bewaring van die Meent en infrastruktuur ooreen­komstig die Bestuursplan in.

 

ADepartementele

Voorskrifte@                       voorskrifte uitgevaardig deur die Departement van Landbou in terme van artikel 7 van die Wet op die Bewaring van Landbou­hulpbronne, No 43 van 1983, aangaande die artikel 6 beheer­maatreëls wat ondermeer betrekking het op:  (h)  weidings kapa­siteit van veld uitgedruk as >n oppervlakte veld per grootvee een­heid; en (i)  die maksimum getal en die soort diere wat op veld aangehou mag word.

 

AToelatings Kriteria@          faktore wat in ag geneem sal word en die vereistes waaraan per­sone moet voldoen om toegelaat te word om die Meent of sekere gedeeltes van die Meent te gebruik soos uiteengesit in klousule 12 en die Bestuursplan.

 

ASkriftelike

Kennisgewing@ kennisgewings wat in terme van die Regulasies deur die Raad uit­gevaardig is en op die Raadskantoor se kennisgewing bord en op >n sentrale en prominente plek in elke Wyk en te Rooiwal en Vioolsdrift opgeplak word.

 

AInwoner@                         >n persoon wat - (a) gewoonlik in die Raadsgebied woonagtig is; of (b) by wet vir die betaling van eiendomsbelasting, huur, diens­tegelde of heffings aan die Raad ten opsigte van grond wat in die Raadsgebied geleë, aanspreeklik is[1]; en verder, of >n lid van die Rooiwal en Vioolsdrift gemeenskappe is; en wat as gevolg van onbillike diskriminasie benadeel is.

 

Adie Raadsgebied@             Beteken >n gebied, of gedeelte van >n gebied, bestaande uit een of meer stukke grond, hetsy aangrensend al dan nie, waarop die Wet op Landelike gebiede, 1987, van toepassing is.

 

2.         SLEUTELBEPALINGS:

 

2.1       Geen persoon, insluitend veewagters en enige ander persoon wie se vee saam met >n ander Meentgebruiker s=n op die Meent loop, mag vee op die Meent aanhou nie, tensy die aangehou word ooreenkomstig die bepalings van hierdie Regulasies nie en verder, tensy die Meentgebruiker >n Weidingsooreenkoms met die Raad gesluit het.

 

2.2       Vir die doeleindes van hierdie Regulasie sal een grootvee eenheid (Gve) gelyk wees aan 6 kleinvee eenhede (Kve).

 

2.3       Meentgebruikers sal slegs aanspreeklik wees vir die registreer van vee en betaling van instandhoudingsfooie vir vee wat ouer as ses maande is.


2.4       Daar bestaan nie meer >n vry kwota nie en alle Meentgebruikers is verplig om >n instandhoudingsfooi te betaal vir elke stuk vee op die meent.

 

 

 

 

For more examples, contact the Redistribution Directorate 012 3128573 or cvandermerwe@sghq.pwv.gov.za.

 



[1] Sien die definisie van artikel 1(iii) van die Wet op die Transformasie van Sekere Landelike Gebiede Wet, No 94 van 1998.